William Shakespeare

William Shakespeare
Geboregedoop op 26 April 1564
Sterf23 April 1616 (op 52)
Stratford-upon-Avon, Warwickshire, Engeland
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
BeroepDramaturg, digter, akteur
EggenootAnne Hathaway (1582–1616)
KindersSusanna Hall
Hamnet Shakespeare
Judith Quiney
Ouer(s)John Shakespeare (vader)
Mary Shakespeare (moeder)
Handtekening

William Shakespeare (gedoop 26 April 1564 – oorlede 23 April 1616)[1] was 'n Engelse digter en dramaturg en word as die belangrikste skrywer van die Engelse taal, en die wêreld se vernaamste dramaturg geag.[2] Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf.[3] Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure.[4] Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland[5] en daar word somtyds na hom verwys as "The Bard of Avon" (die Minnesanger van Avon), of eenvoudig net die "Bard",[6] of die "Swaan van Avon".[7]

Ortodokse geleerdes glo dat Shakespeare die meeste van sy werke tussen 1586 en 1612 geproduseer het, alhoewel die presiese datums en chronologie van die toneelstukke wat aan hom toegeken word aansienlik gedebatteer word, soos ook die outeurskap van sommige van sy werke. Hy word beskou as een van die min dramaturge wat uitblink in sowel komedie as tragedie. Sy toneelstukke kombineer bekoring met komplekse karakterisering, digterlike prag en filosofiese diepte.

Shakespeare se werke is al in die mees-gebruikte, lewende tale vertaal[8] en sy toneelstukke word voortdurend regoor die wêreld opgevoer. Bowendien is hy die mees aangehaalde skrywer in die literatuur en geskiedenis van die Engelssprekende wêreld.[9]Baie van sy aanhalings en neologismes is nou deel van alledaagse Engels en ander tale. Oor die jare het baie mense gespekuleer oor Shakespeare se lewe en hardop gewonder oor sy seksualiteit en geloof.

  1. Datums maak gebruik van die Juliaanse kalender, onder die Gregoriaanse kalender het Shakespeare op 3 Mei gesterf.
  2. Artikel oor Shakespeare in die Encyclopedia Britannica (in Engels). Artikel oor Shakespeare in die MSN Encarta Encyclopedia Geargiveer 9 Februarie 2006 op Wayback Machine (in Engels). Artikel oor Shakespeare in die Columbia Electronic Encyclopedia (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  3. Die presiese getalle is egter onbekend.
  4. Wikiquote inligting oor Shakespeare (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  5. The Making of the National Poet: Shakespeare, Adaptation and Authorship, 1660–1769 Geargiveer 10 Maart 2007 op Wayback Machine deur Michael Dobson, Oxford University Press, 1995 (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  6. Webster se Woordeboek inskrywing van "The Bard" (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  7. "To The Memory Of My Beloved, The Author, Mr William Shakespeare, And What He Hath Left Us" Geargiveer 2 Julie 2006 op Wayback Machine, 'n Gedig deur Ben Jonson. Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  8. Of Philosophers and Kings: Political Philosophy in Shakespeare's "Macbeth" and "King Lear" deur Leon Harold Craig, University of Toronto Press, 2003, bl. 3 (in Engels).
  9. Artikel oor William Shakespeare in die Literary Encyclopedia deur Lois Potter, University van Delaware (in Engels) Laaste besoek op 22 Junie 2006, en The Columbia Dictionary of Shakespeare Quotations Geargiveer 13 Desember 2007 op Wayback Machine, redigering deur Mary Foakes en Reginald Foakes, Junie 1998.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search